Tuesday, February 23, 2010

Tienerswangerskap - perongeluk, onervare of onnodig?

Mens kry baie tieners wat vandag swanger word. Is dit omdat hulle onervare of oningelig is of is dit net onnodig? Baie se dit gebeur net en dat hulle dit nie beplan het nie en ander se dit is omdat hulle onervare is en nie genoeg ingelig is nie. Ek voel dis als snert! Daar is deesdae so baie inligting oor seks en swangerskap dat jy nie bogenoemde as verskoning kan gebruik nie. Jy en jou kerel weet waarvoor julle julle inlaat. Indien nie glo ek as jy jou beste vriendin vra, sal sy jou kan help. Daar is selfs nie gemeenskaps kliniek waar jy inligting kan gaan kry. As jy dan nou seksueel aktief is, gebruik voorbehoed.Dis glad nie skandelik of skandelik nie. Jy voorkom net ongewensde omstandighede. Dit is ook baie belangrik om te alle tye beskerming te gebruik, dit kan onnodige siektes voorkom. Daar is ook baie mites as dit kom by seks en swangerskap, die beste manier om die waarheid uit te vind is om te vra. Moenie als wat jy hoor glo nie. Dit sal ook 'n baie wyse besluit wees om die lewensorientering klas by te woon en nie in die skool se badkamer weg te gaan kruip tydens daai tyd nie. Die beste is dat jy eerder konsentreer op jou skoolwerk en die ander dinge los vir later wanneer jy in elk geval emosioneel reg is daarvoor.

No comments:

Post a Comment